Tuiste

Baie welkom by die Gereformeerde Kerk Delmas

 

Dit is vir ons ’n voorreg om ook op hierdie wyse, diensbaar te wees aan God en ons hoop van harte dat u ook deur hierdie web-tuiste mag beleef hoe God Sy kerk opbou en versterk.

 

As gemeente is ons dankbaar dat ons steeds, in hierdie 21ste eeu, ware kerk van God mag wees, wat mense in ons tyd mag toerus om met liefde, vreugde en vrede tot God se eer te mag leef uit dankbaarheid vir dit wat ons deur die kruisdood en opstanding van Christus Jesus deelagtig geword het.

 

Ons heg baie waarde aan die bestudering van God se Woord, tydens eredienste, kategese en ander geleenthede, sodat lidmate daardeur kan groei in hulle verhouding met die lewende God.

 

Dit is ons bede dat u (en u gesin), geestelik gevoed mag word deur die Woord, en deur dit wat op hierdie web-tuiste verskyn sal tuis voel en spoedig sal inskakel by die ander aktiwiteite wat in hierdie gemeente plaasvind.